Trump het geen idee oor Rusland nie
Europese leiers is in rep en roer na Amerikaanse president Trump die Oekraïnse president Volodomyr Zelensky ‘n diktator genoem het sonder verkiesings. Dit was in antwoord op Zelensky wat gesê het Trump leef in ‘n Russiese disinformasie-ruimte. Die ongekende eskalasie kom na Amerikaanse en Russiese amptenare in Saoedi-Arabië vergader het om die oorlog in die Oekraïne te bespreek, sowel as ekonomiese en politieke samewerking, waarby Kiëf en Europa uitgesluit is. Generaal Sir Richard Shirreff, ‘n voormalige bevelvoerder van Navo, het met BBC Newsnight gepraat.