Suid-Afrikaners moet verstaan uitstel van begroting is in hulle belang
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê Suid-Afrikaners moet besef die begrotingsvertraging is in hul beste belang. Didiza het verduidelik die minister van Finansies, Enoch Godongwana, kan nie ‘n begroting voorlê sonder uitvoerende konsensus nie. Sy erken die uitstel tot 12 Maart is ongekend, maar sê uitdagings word verwag binne die regering van nasionale eenheid. Sy het beklemtoon hoe noodsaaklik ‘n ooreenkoms is voor die begroting gefinaliseer word: