Solidariteit se Ernst Roets bedank

Die beleidshoof van die Solidariteit Beweging, Ernst Roets, het bedank om ander geleenthede te ondersoek. Die bedanking van die voormalige adjunk uitvoerende hoof van AfriForum kom terwyl die burgerlike organisasie en sy vennote onder skoot is omdat hulle die Amerikaanse president, Donald Trump, gevra het om in Suid-Afrika se binnelandse sake in te gryp. Roets was 20 jaar lank in diens en hy glo hy kan nou ‘n groter bydrae buite die beweging lewer. Die beweging het hom bedank vir sy jare lange toewyding en hom sterkte toegewens vir die toekoms.