Ses olifante dood toe trein hulle tref, ontspoor
‘n Passasiertrein het ontspoor nadat dit ‘n trop olifante getref het naby ‘n wildreservaat in sentraal-Sri Lanka. Niemand is beseer nie, maar ses olifante is dood. AFP berig twee beseerde diere word behandel. Volgens die polisie is dit die ergste natuurlewe-ongeluk nog in die land. Daar is na raming sewe-duisend wilde olifante in Sri Lanka, waar hulle deur die wet beskerm word. Om ‘n olifant dood te maak is ‘n misdaad wat strafbaar is met gevangenisstraf of ‘n boete.