Russe wat nie met Putin saamstem nie kry strafpsigiatrie
Tientalle Russe word volgens prokureurs en menseregtegroepe aan verpligte psigiatriese behandeling onderwerp as gevolg van hul politieke sienings. Reuters berig dat die praktyk toegeneem het na die oorlog in die Oekraïne begin het. Die praktyk dra eggo’s van ‘n metode van beheer wat wyd in die Sowjetunie gebruik was en bekend staan as “strafpsigiatrie”. Die gedwonge behandeling sluit volgens berigte fisiese prosedures en medikasie in.