Oyo maak plan na Trump geld stop
Die plaaslike nie-regeringsorganisasie die Ombetja Yehinga Organisasie, Oyo, wat 17 personeellede het en kuns gebruik om sosiale bewustheid te bevorder, is erg beïnvloed deur die skielike bevriesing van USAid-befondsing deur die Trump-administrasie. Oyo het nie direk USAid-befondsing gekry nie, maar het kontrakte met instellings wat van die befondsing afhanklik is en sy projekte het tot stilstand gekom. Oyo se stigter en direkteur Philippe Talavera sê hulle het ‘n crowdfunding-veldtog van stapel gestuur om hul onderwys- en jeugontwikkelingsprogramme te onderhou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Talavera.