Nujoma: Verwag erge ontwrigting vanoggend in hoofstad

Swaar verkeer word vanoggend tussen sewe-uur en 11-uur op die lughawepad verwag as gevolg van die konvooi wat die oorskot van stigterspresident Sam Nujoma na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe vervoer. Dit sal na Etunda gevlieg word vir die begin van die herdenkingstoer deur die streke. Die inspekteur-generaal van NamPol versoek motoriste om te alle tye gehoor te gee aan verkeersbeamptes se instruksies en om die konvooi die reg van weg te gee. Die konvooi moet nie verbygesteek word nie en mense moenie probeer om aan die kis te raak nie.