NamWater werk hard om watertoevoer vanaf Kombat te herstel
Die Kombat-myn lewer sowat 30 persent van die sentrale gebied se water, met Trigon Metals wat die water na die Von Bachdam pomp. Die myn se twee pompe het egter gebreek en die myn is oorstroom, dus kan Trigon nie water aan NamWater verskaf nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Abraham Nehemia, NamWater se uitvoerende hoof, wat ‘n opdatering gee.