Endjala sê Omusati is gereed vir nog oorstromings

Namibië se noordelike streke loop ‘n hoër risiko vir vloede weens die verwagte normale tot bo-normale reënval. In Omusati het ernstige oorstromings skole, klinieke, besighede en noodsaaklike dienste afgesny, met die Outapi- en Anamulenge -kiesafdelings wat die ergste geraak is. Swaar reën in Angola het watervlakke in die oshanas laat styg, met strome soos Oukwandongo, Oupaka en Olukeke asook huise en mahangu-landerye onder water. Oorstroomde paaie het die verspreiding van droogteverligting ontwrig. Omusati-goewerneur Erginus Endjala sê hulle verwag nog water maar is gereed daarvoor.