Dubbele longontsteking hou pous in hospitaal
Die Vatikaan berig pous Franciskus se algehele toestand is bestendig en sy bloedtoetse dui ‘n effense verbetering aan, veral die inflammatoriese toetse. Die 88-jarige pous is verlede week in die Gemelli-hospitaal in Rome opgeneem met ‘n asemhalingsprobleem en is gediagnoseer met dubbele longontsteking. Dokters sê hy ly ook aan asmatiese brongitis. Die pous kan op sy eie asemhaal, sonder die gebruik van ‘n ventilator, en uit die bed klim en op ‘n stoel sit en werk.