Cyril verwelkom G20 se buitelandse sake-ministers
President Cyril Ramaphosa het die vergadering van die G20 se ministers van Buitelandse Sake amptelik geopen in Nasrec, Johannesburg. Dis die eerste vergadering onder Suid-Afrika se presidentskap van die groepering. Ramaphosa het in sy hoofrede die afgevaardigdes verwelkom en gesê hoe beduidend dit is dat die beraad die eerste keer in Afrika gehou word. Hy vra groter samewerking en eensgesindheid onder lande om internasionale uitdagings soos armoede, ongelykheid en konflik teen te werk.