Bellingham van Real vir twee wedstryde geskors
Die dissiplinêre komitee van die Spaanse kompetisie La Liga het Jude Bellingham van Real Madrid vir twee wedstryde geskors nadat hy weens teëpratery afgestuur is. Die skeidsregter, José Munuera Montero, het die Engelse internasionale speler Saterdag ‘n rooikaart gegee tydens die kampioen se gelykop-stryd van 1-elk teen Osasuna. Bellingham hou vol dit was uit frustrasie en hy het nie die skeidsregter beledig nie. Hy sal nou die wedstryde teen Girona op 23 Februarie en teen Real Betis op 2 Maart misloop.