Amushelelo maak vakbond-plan

Die aktivis Michael Amushelelo het vroeg verlede jaar die Nasionale Vakbond vir Kleinhandelbedryfwerkers gestig, maar dit is nie deur die arbeidministerie geregistreer nie. Die vakbond het toe saamgesmelt met die erkende Namibië Kleinhandel- en Verwante Werkersvakbond. Amushelelo is nou die vakbond se sekretaris-generaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met David Frans, die vakbond se adjunk-sekretaris-generaal, oor die samesmelting.