Walvis se Backyard Tenants behaal reuse-sukses

Die Walvis Bay Backyard Tenants-groep het in sowat 11 maande meer as 2,1 miljoen Namibiese dollar ingesamel nadat grond by Farm 37 deur die Walvisbaai-munisipaliteit, teen ‘n koste van 2,3 miljoen Namibiese dollar aan hulle beskikbaar gestel is om huise op te rig. Die groep, wat bestaan uit mense wat plak in agterplase in die kusdorp het gestig in 2023 en samel sedertdien fondse in. Hulle het ook twee Quantum-bussies vir vervoerdienste gekoop. Lede beoog om die oorblywende 250 000 dollar teen Maart af te betaal.