Swakker rand, hoër inflasie kan uitkoms van wederkerige tariewe wees

Business Leadership SA waarsku dat potensiële wederkerige tariewe deur Amerika Suid-Afrika se uitvoere negatief kan beïnvloed. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, het die risiko uitgewys weens Amerikaanse president Donald Trump se planne om ‘n 25 persent tarief op alle staal- en alumimiuminvoere te hef. Trump het nie Suid-Afrika spesifiek genoem nie, maar analiste verwag dat die land geaffekteer kan word. Die Cirrus-ekonoom Robert McGregor het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor of dit Agoa en Namibië sal beïnvloed.