Sanco eis aanspreeklikheid oor marteling by nagklub
Die burgerlike organisasie Sanco in Gauteng eis dat die Zanzou-nagklub in Pretoria se lisensie teruggetrek moet word. Dit volg na video’s wat die rondte doen van ‘n groep mans wat by die kroeg gemartel en aangerand word. Drie slagoffers van die beweerde aanrandings het aanklagte by die Brooklyn-polisiekantoor gelê. Abram Mashishi van Sanco doen ‘n beroep op die vinnige inhegtenisneming van die oortreders en aanspreeklikheid.