Rooibos-boere help met luiperd bewaring
Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê plaaslike Rooibos-boere in Cederberg in die Wes-Kaap neem die voortou met pogings om ekostelsels te herstel, bedreigde spesies te beskerm en volhoubare boerdery te bevorder. Hulle werk daaraan om die Kaapse luiperd te beskerm, die kritiek bedreigde Clanwilliam-sederbome te bewaar en die bewaring van grond en water te verbeter. Woordvoerder Marthane Swart sê samewerkende bewaringsprojekte, soos die Groter Cederberg-biodiversiteitskorridor, help om ‘n balans tussen landbou en omgewingsbewaring te skep.