Nog ‘n wit olifant, miljoene vermors
Die Ovitoto-klerefabriek is volgens plaaslike berigte ‘n wit olifant. Tien jaar gelede reeds ingehuldig, staan die fabriek steeds dolleeg en het nie ‘n enkele kledingstuk vervaardig nie. Dit val onder die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap en het destyds groot opgewondenheid onder die jeug van die Omatako-kiesafdeling veroorsaak maar het nie een werk geskep nie. Dit vorm deel van talle dormante projekte regoor die land, sowel as projekte wat van stapel gestuur is en net nooit gebou is nie, soos streekshospitale op Nkurenkuru en Otjiwarongo, onder andere. Die Nkurenkuru-klerefabriek, teen ‘n koste van 3 miljoen Namibiese dollar, het ook nie oopgemaak nie en in 2023 het die regering aangekondig dat hy ‘n tweede klerefabriek op Ovitoto wou oopmaak.