Nikodemus kan afgedank word oor ‘oud’ aanmerking oor NNN

Die NBC se ondersoekende redakteur Anna Nikodemus kan afgedank word omdat sy in ‘n onderhoud met die buurland se Newzroom Afrika, visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah oud genoem het. The Namibian berig sy is onder andere, skuldig bevind aan diskriminase teen vroue, ongegronde spekulatiewe kommentaar en insubordinasie. Die voorsitter van die verhoor Jaime Smith het blykbaar afdanking voorgestel maar, Nikodemus kan ook net ‘n finale waarskuwing kry. Nandi-Ndaitwah is 72.