NamWater se verkryging is foutief, daarom so baie Chinese

China State Engineering is NamWater se sowat 191 miljoen Namibiese dollar tender toegeken vir die vervanging van die pyplyn tussen Keetmanshoop en Naute. Al ses van die grootste waterinfrastruktuur-tenders, met a totale waarde van meer as 2 miljard dollar, is aan Chinese firmas toegeken. NamWater het reeds onder kritiek deurgeloop hieroor en het onder andere gesê Namibiese maatskappye het beperkte kapasiteit. Hulle het ook verwys na swak werk en projekte wat nie klaargemaak word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die Konstruksie Industrie-federasie.