Musk loop deur, Trump verdedig hom en Doge

Amerikaanse president Donald Trump en Elon Musk het die rol van die Departement van Regeringsdoeltreffendheid, of Doge, die nie-regeringsagentskap waarvoor Musk verantwoordelik is, verdedig. Hulle het tydens hul eerste gesamentlike TV-onderhoud Dinsdagaand met Fox News gepraat. Musk is gevra oor potensiële konflikte tussen sy regeringsrol en sy besighede, waarop hy geantwoord het dat hy nog nooit Trump vir enigiets gevra het nie. Trump het gesê as daar ‘n konflik is, sal Musk nie betrek word nie. Luister self.