Motorwedren-aksie skop weer op 8 Maart af
Die Namibië Motorsport-federasie het aangekondig dat alle motorsport sal hervat ná die nasionale rouperiode wat op 1 Maart eindig, met wedren-aksie wat op 8 Maart terugkeer. Alle geleenthede wat oorspronklik vir tussen 9 Februarie en 1 Maart geskeduleer was, moet herskeduleer word. Organiseerders word versoek om nuwe datums vir hulle geleenthede by die federasie in te dien deur hul onderskeie sub-kommissies. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het meer.