Meghan stel nuwe/ou handelsmerk bekend
Die hertogin van Sussex, Meghan Markle, het haar leefstylhandelsmerk, American Riviera Orchard, as As Ever opnuut bekendgestel. Die produkte strek van juweliersware, troeteldierkos en joga-toerusting, tot huisversiering en kookboeke. Haar Netflix-program, With Love, Meghan, wat volgens die aanlyndiens die leefstyl-genre herverbeeld, word oor twee weke van stapel gestuur. Markle sê As Ever is ‘n handelsmerk wat sy geskep het en sy het haar hart daarop uitgestort: