Knopvelsiekte stoot boere se bemarkingskostes op
Die knopvelsiekte-uitbreking is besig om geaffekteerde beesboere hard te slaan. Behalwe vir vrektes sal die vervoer van ingeënte diere eers vanaf 13 Maart toegelaat word. Die landbouministerie sê uitvoere sal alleenlik toegelaat word 21 dae ná inenting. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Anja Boshoff-de Witt, die uitvoerende hoof van vleisstandaarde by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad, oor die impak van die uitbreking.