Kampioenetrofee sal Pakistan se reputasie help 

‘n Gewese Pakistanse speler en administrateur sê die Kampioenetrofee wat vandag begin, gaan oor meer as net die sport vir die land. Ramiz Raja glo dit sal Pakistan se reputasie ‘n reuse-hupstoot gee as hy sy eerste groot toernooi in byna drie dekades met welslae kan aanbied. Hy sê dit was nie maklik om die wêreld te oortuig die land is veilig na die terreuraanval op ‘n besoekende span se bus in 2009 nie. Sekerheidsmaatreëls is opgeskerp, veral in die gasheerstede Karatsji, Lahore en Rawalpindi.