Globale Risiko-verslag oor Namibië ‘niks skokkend’
Armoede en ongelykheid is Namibië se dringendste risiko’s vir 2025, volgens die Wêreld Ekonomiese Forum. Sy Globale Risiko-verslag sonder ekonomiese uitdagings, hulpbrontekorte en ‘n gebrek aan geskoolde arbeid uit as die belangrikste bekommernisse. Daarop volg werkloosheid of ‘n gebrek aan ekonomiese geleenthede, gevolg deur watervoorraadtekorte en voedselvoorraadtekorte. Voormalige ombudsman Advokaat John Walters sê dis niks skokkend nie, want die land het planne maar niks word gedoen nie.