Europa het groot kommer oor vredesamesprekings tussen Rusland, VSA

Amerikaanse en Russiese amptenare het ingestem om die “ekonomiese en beleggingsgeleenthede” wat vir hul lande kan ontstaan met ‘n einde aan die oorlog in Oekraïne te ondersoek, ná gesprekke in Saoedi Arabië. Dit kom te midde van kommer regoor Europa dat Amerikaanse president Donald Trump ‘n vredesverdrag kan aangaan wat Russiese president Vladimir Putin bevoordeel. Die Russiese buitelandse sake-minister, Sergei Lavrov, het onder andere gesê dat Navo-lidmaatskap vir Oekraïne onaanvaarbaar is, asook die teenwoordigheid van Navo-troepe, selfs onder ‘n ander vlag. Die voormalige Britse verdedigingminister, Sir Ben Wallace, het aan Sky News gesê die samesprekings het nie goed begin nie.