Daar’s effe vordering met Onafhanklikheidstadion-opknapping

Dit blyk dat die lang-beloofde opknapping van die Onafhanklikheidstadion in Windhoek uiteindelik op koers kom. Die proses sloer al vir jare met onder andere probleme om kontrakteurs aan te stel. Nou sê Erastus Haitengela, die uitvoerende direkteur van sport, dat die hoofkonsultant se uitvoerbaarheidsverslag verlede week ingedien is. Die opknapping sal die regering na verwagting meer as 1 miljard Namibiese dollar kos en sowat twee-en-‘n-half jaar neem om te voltooi. Dele van die stadion sal afgebreek word en sitplek-kapasiteit sal verhoog word. Die sportministerie en belanghebbendes sal die verslag bestudeer en verdere planne behoort op 28 Februarie aangekondig te word.