Britse regering gebruik beïnvloeders om damprook onder jeug te keer
Beïnvloeders sal jongmense versoek om nie te begin damprook nie, as deel van ‘n veldtog wat deur die Britse regering gefinansier word. Dit sal YouTube en Instagram gebruik om die gesondheidsrisiko’s te beklemtoon. Big Manny, wat 1,6 miljoen volgelinge op Instagram het, en Bodalia, ‘n dokter en DJ, werk saam in die eerste amptelike inisiatief om onder-18’s te probeer oorreed teen die gebruik van e-sigarette. Ministers het op die veldtog besluit na statistieke getoon het dat die aantal onder-18’s wat damprook probeer het die afgelope paar jaar styg. Ongeveer een uit elke vyf tieners tussen 11 en 17 het dit probeer en soveel as een uit elke tien hoërskoolleerlinge gebruik dit soms of gereeld.