Al drie noordelike riviere styg

Die land se noordelike riviere styg steeds, met veral die Okavango by Rundu wat oplaas hoër is as dieselfde tyd verlede jaar. Die rivier het met 10 sentimeter gestyg vanaf gister en het 5,84 meter gemeet by Rundu, teenoor verlede jaar se 5,60 meter. Die Zambezi by Katima Mulilo het met 2 sentimeter gestyg tot 1,19 meter vanoggend, steeds laer as die 1,70 meter verlede jaar. Die Kunene by Ruacana vloei teen 298,60 kubieke meter per sekonde, teenoor verlede jaar se 312,10 kubieke meter per sekonde. Die benede-Oranje by Blouputs het 60 sentimeter gemeet, terwyl die vlak by Sendelingsdrift baie laag is op 6 sentimeter.