Windwise stuur eerste groep ingenieurs vir opleiding
Windwise Turbines Namibia het, soos hy in November verlede jaar belowe het, sy eerste groep van vyf Namibiese ingenieurs gestuur vir ‘n ses-maande windturbine opleidingsprogram by die SARETEC-windturbine-opleidingsentrum in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit sal hulle in staat stel om ‘n deurslaggewende rol te speel in die installering en die instandhouding van die eerste Windwise turbines in Namibië. Florian Schubert het in November verlede jaar met Kosmos 94.1 Nuus oor hulle planne gepraat.
Die maatskappy beplan die vervaardigingsaanleg vir Stampriet.