Water op pad na benede-Oranje vanaf Vanderkloofdam
Die land se groot riviere is almal aan die styg, behalwe die benede-Oranje wat steeds baie laag is. Maandagoggend het die rivier by Blouputs 62 sentimeter gemeet, wat wel hoër was as die vorige week. By Sendelingsdrif was die rivier net 7 sentimeter diep. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pauline Mufeti, die hoofhidroloog van die Namibiese Hidrologiese Dienste, oor of hulle Suid -Afrika gevra het om water van die Vanderkloofdam vry te laat om die watervlak te verhoog.