Wat gebeur met die brandstofprys in Maart?
Middelmaand-data dui daarop dat petrolpryse in Suid-Afrika sal styg in Maart, maar die verhoging sal kleiner wees as wat aanvanklik gevrees is. Die Sentrale Energiefonds verwag dat petrolpryse tussen 10 en 23 sent per liter sal styg, met ‘n geringe styging vir sommige grade diesel en ‘n geringe afname vir ander. Die finale aanpassings sal afhang van faktore soos die rand-Amerikaanse dollar wisselkoers en die prys van ru-olie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, vir sy voorspelling vir die plaaslike brandstofprys.