VSA sal later die week bitter koud kry February 18, 2025

Uiterste weer en lewensgevaarlike koue temperature in die VSA gaan later hierdie week die westelike state naby die Rocky gebergtes tref. Amerika se nasionale weerdiens sê hulle verwag ‘n winterstorm met temperature wat ver onder minus-40 grade Celsius gaan daal. Dit is die tiende en koudste poolvortex sover hierdie seisoen, met drukstelsels wat koue lug van die Noordpool suidwaarts na Noord-Amerika en Europa laat beweeg. Die poolvortex is ‘n groot area van lae druk en koue lug wat die Noord- en Suid-pool omring en gereeld in die wintermaande voorkom.