VN sê Oekraïne soewereiniteit moet in ag geneem wordFebruary 18, 2025

Die Verenigde Nasies sê enige vredesooreenkoms in Oekraïne moet die land se soewereiniteit, onafhanklikheid en gebiedsintegriteit onder internasionale reg respekteer. Europese leiers het Maandag in Parys noodsamesprekings gevoer terwyl Amerikaanse en Russiese amptenare gereed maak om vandag in Saoedi-Arabië te vergader om die einde van die oorlog in Oekraïne te bespreek, maar wel sonder Europese of Oekraïne se betrokkenheid. Die VN sê hy verwelkom alle opregte pogings en inisiatiewe wat die uitwerking van die oorlog op burgerlikes sal verlig en die konflik sal beëindig.