Verdagte, 17, verskyn op verkragtingklagte van seun, 9, meisie, 12February 18, 2025
’n 17-jarige seun is in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting en aanranding van twee minderjariges, ’n seun, 9 en ’n meisie, 12, by Ohainengena-nedersetting in die Ohangwena-streek. Plaaslike media berig dat die voorvalle verlede week plaasgevind het maar nou eers aangemeld is. In albei gevalle was die kinders ontvoer en vasgebind. Die verdagte is na bewering ‘n buurman van die slagoffers en sal vandag in die Eenhana-landdroshof verskyn.