Scholz bepleit eenheid tussen EU en VSA oor Oekraïne
Die Duitse kanselier Olaf Scholz sê Europa en die VSA kan nie verdeeld wees oor Oekraïne se veiligheid nie, na ‘n noodberaad van Europese leiers in Parys oor die kwessie. Hy het ook die belangrikheid van die Navo-alliansie beklemtoon. Hy het gesê dat Oekraïne toegelaat moet word om homself te verdedig, voort te gaan op die pad om by die Europese Unie aan te sluit en sy eie sterk leër te hê. Hy het gesê hierdie sake is nie onderhandelbaar nie. Hy het bygevoeg vrae oor die idee om Europese troepe na die Oekraïne te ontplooi as deel van ‘n vredesmag irriteer hom want dit is spekulatief en loop vredesgesprekke vooruit, asook baie onvanpas.