SA werkloosheidsyfer daal in vierde kwartaal 2024
Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse arbeidsmagopname vir die vierde kwartaal in 2024 toon ‘n effense daling in die werkloosheidskoers tot 31,9-persent, vanaf 32,1-persent in die vorige kwartaal. Indiensneming het met 132 000 toegeneem, wat die algehele syfer op 17,1-miljoen te staan bring. Moedelose werksoekers het egter met 111 000 gegroei en jeugwerkloosheid bly hoog op 44,6-persent. Die Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het op ‘n nuuskonferensie gesê die meeste groei was in die finansiële sektor waar 232 000 werksgeleenthede bygevoeg is.