SA moet skuldlas verminder – IMF
Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika se voortslepende swak groei, hoë gemiddelde rentekoerse en groot fiskale tekorte dra by tot die vinnige styging in staatskuld. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer môre sy begrotingsrede. Die land se jongste skuld teenoor bruto binnelandse produk sal in 2025/2026 75,5-persent weens. Tidiane Kinda van die IMF het aan Bloomberg gesê die regering moet dapper stappe doen om die skuldlas te verminder. Dit sluit in dissipline wat salarisse betref terwyl hervormings by sukkelende staatsondernemings vinniger moet plaasvind.