Pous het polimikrobiese infeksieFebruary 18, 2025

Pous Franciskus word behandel vir ‘n ingewikkelde kliniese toestand en sal in die hospitaal bly so lank as wat nodig is. Die 88-jarige is Vrydag in die Gemelli-hospitaal in Rome opgeneem vir behandeling en toetse vir brongitis. Die Vatikaan sê die pous het ‘n polimikrobiese infeksie van sy asemhalingskanaal. Die Argentynse pous is reeds byna 12 jaar hoof van die Rooms-Katolieke Kerk. Hy het al verskeie gesondheidsprobleme in sy lewe gehad, insluitend die verwydering van ‘n deel van ‘n long toe hy 21 was.