Nujoma: Nie alle streke kan besoek word nie

Die inligtingsminister Emma Theofelus, het ‘n met die nasionale uitsaaier oor die begrafnisreëlings van stigterspresident Sam Nujoma gepraat. Die streke se gedenkdienste begin oormôre. Oshana is vervang met Ohangwena en ander streke kla dat hulle nie ingesluit is nie. Theofelus sê die tyd beperk besoeke aan al die streke. Nujoma se oorskot moet op 27 Februarie terug wees in die hoofstad vir ‘n straatoptog. Sy verduidelik.