Namibiese handel met EU verdubbel in 20 jaar
Namibië se uitvoere na die Europese Unie het meer as verdubbel in die afgelope 20 jaar van ongeveer 9 miljard Namibiese dollar in 2004 tot 20 miljard dollar in 2024. The Brief berig dat die EU ‘n sleutelhandelsvennoot vir Namibië is, met ‘n breë reeks goedere waarin handel getref word. Die EU ambassadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins sê dat Namibië ‘n positiewe handel surplus met die EU geniet.