Hoër sondebelasting ‘sal onwettige handel versterk’
Die stigter van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, sê die finansminister, Enoch Godongwana, moet môre in sy begrotingsrede die versoeking weerstaan om onvolhoubare verhogings op ‘sondebelasting’ in te stel. Hy moet eerder aandag gee aan die ongebreidelde onwettige handel wat die land jaarliks van meer as 100-miljard-rand aan belastinginkomste beroof. Volgens Abramjee sal ‘n verhoging van belasting op wettige alkohol- en tabakprodukte net meer verbruikers in die arms van misdadigers dryf wat goedere onwettig verkoop.