Geen weermag vir ‘neutrale Oekraïne’: Rusland
Rusland sê enige blywende vredesooreenkoms in Oekraïne vereis ‘n gedemilitariseerde en neutrale staat wat nie deel is van enige blok of alliansie nie. Senior Amerikaanse en Russiese diplomate onderhandel vandag in Saoedi-Arabië oor pogings om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Rusland se vaste verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Vasily Nebenzya, sê die Europese Unie kan nie enige ooreenkoms met Moskou sluit nie en kan nie deel wees van enige toekomstige ooreenkomste oor die oorlog in Oekraïne nie. Hy beskuldig die lande dat hulle verblind word deur “Russiefobie”.