G20 werkskeppingsvergadering begin vandag in Oos-KaapFebruary 18, 2025

Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, open vandag die G20 se eerste werkskeppingsvergadering, waar internasionale leiers indiensneming en arbeidsmarkkwessies sal bespreek. Sake soos regverdige lone en uitgebreide sosiale beskerming in die digitale ekonomie sal ook bespreek word. Ministeriële woordvoerder, Thobeka Magcai, sê die vergadering van vier dae by die Boardwalk Hotel in Gqeberha in die Oos-Kaap sal fokus op jeugwerkloosheid, inkomste-ongelykheid en die impak van digitale tegnologie op werk: