Enoch moet armes in ag neem met begrotingFebruary 18, 2025

Die Save South Africa Civic Movement het die minister van Finansies Enoch Godongwana gevra om te verseker dat die komende begroting arm mense bevoordeel en op uitdagings soos werkloosheid, armoede en werkskepping fokus. Hulle sê die sny van begrotings benadeel noodsaaklike dienste en dra by tot geestesgesondheiduitdagings, veral onder swak-besoldigde werkers in sektore soos die polisie en onderwys. Tebogo Mashilompane van die beweging vra ook vir ‘n einde aan korrupte tenderstelsels, verhoogde befondsing vir gesondheid en onderwys en die nasionalisering van myne: