ECB gaan grootmaat-kragtarief konsultasies aanbied

Die Elektrisiteitsbeheerraad gaan konsultasies vir grootmaattariewe in Windhoek en Otjiwarongo aanbied as deel van die jaarlikse elektrisiteitstarief beoordelingsproses. Tydens die sessies sal NamPower die voorgestelde tariefaanpassings met verbruikers bespreek, insluitend die verhoging wat hy vra en die rasionaal daaragter. Verlede jaar is ‘n 8 persent verhoging goedgekeur. Die aankondiging is deur die raad se uitvoerende hoof Robert Kahimise gemaak.

Kahimise sê die raamwerk vir elektriese voertuig laai-infrastruktuur is in Augustus goedgekeur.