Swow Lake Energy ontdek uraan in Engovallei
Snow Lake Energy het sy Fase 1-boorprogram by die Engovallei-uraanprojek in Namibië voltooi, wat beduidende uraanmineralisering bevestig en die weg baan vir ‘n ambisieuse tweede fase. Die Kanadese maatskappy sê tydens die eerste fase het 11 putte meer as 100 ppm uraan bevestig. Frank Wheatley, die uitvoerende hoof, sê aanvanklike chemiese toetse stem ooreen met radiometriese uitslae, wat historiese uraanontdekkings wat in die 1970’s by Engovallei gemaak is, versterk. Die tweede fase sal volgende maand begin.