Skote klap na gewapende rowers in Olympia toeslaan
NamPol ondersoek ‘n gewapende roof wat net na 10-uur vanoggend in Gerald Evansstraat in Olympia gerapporteer is. Die polisie is by aankoms meegedeel dat vier mans in balaklavas en met pangas gewapen die hek van sy spoor gelig in die erf binnegegaan het. Hulle het by ‘n oop deur ingegaan en twee bejaarde huisbewoners met die pangas gedreig om waardevolle artikels te oorhandig. Hulle het een van die slagoffers gedwing om die kluis oop te maak en ‘n pistool, skootrekenaar, selfoon en juweliersware gevat. Die bure het die mense hoor skree en het waarskuwingskote afgevuur, waarop die verdagtes op die bure geskiet en weggejaag het. Niemand is in die voorval beseer nie.