Saftu verwag SA begroting ‘teen werkers, armes’
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, sê hy verwag nog ʼn begroting teen werkers en armes wanneer die minister van Finansies, Enoch Godongwana, Woensdag sy begroting in die Parlement lewer. Die regering is onder druk om maniere te vind om skuld te verminder, groei-vriendelike beleid te skep en sukkelende staatsondernemings te help. Saftu se woordvoerder, Newton Masuku, sê die begroting sal die neo-liberale ekonomiese agenda bevat wat miljoene Suid-Afrikaners in armoede en werkloosheid gedompel het.